Die toonaangewende trou- en funksiebeplanner Aleit Swanepoel, stigter en voorsitter van The Aleit Group, loer vandeesweek by die Cape Town HOMEMAKERS Expo in as gas van World of Decorative Concrete (WODC). Swanepoel is bekend vir sy fyn oog vir detail, van kristalglase tot kandelare, blomme tot onderborde en was aangenaam verras toe hy sien wat mens als met beton kan doen.

 

Sê Johan Coetzee, Besturende Direkteur van WODC: “Ons het vir Aleit genooi om ‘n tafel met beton produkte by vanjaar se Cape Town HOMEMAKERS Expo te dek. Hy was so beïndruk met als wat jy uit beton kan maak, van plekmatjies tot aanwysers, glase tot blompotte. Mens kan letterlik enige iets daaruit maak.”

Swanepoel voeg by dat dit ‘n heerlike verrassing was. “Ek was so in my noppies want dis iets heeltemal nuuts om mee te speel. Ek het vir Johan ‘n paar items gegee om vir ons te maak en sien ontsettend uit daarna om vir besoekers te wys wat mens als kan doen.”

Coetzee sluit af: “Aleit se tafel sal vir die duur van die Ekspo te sien wees en hy sal Saterdag, 31 Augustus, gesig kom wys om met die besoekers te gesels. Ons wil hom graag hartlik bedank vir sy entoesiasme en deelname. Besoek ons Raw CONCRETE Teater, ‘n kreatiewe ruimte waar vakmanne en ontwerpers die vele gebruike van beton in funksionele ontwerp demonstreer. Werkswinkels word uurliks aangebied waar jy kan sien hoe om kosbare artikels te maak, tafel te dek met beton, en meer.”

Die 24ste Cape Town HOMEMAKERS Expo vind vanjaar vanaf 29 Augustus tot 1 September by die KIKS plaas en beloof om als te bied wat jou hart van droom met sy tema van eenvoud en gemak (Raw Comfort). Sien, voel en ervaar die nuutste tendense in dekor, ontwerp, leefstyl en doen-dit-self. Hoogtepunte sluit die Raw CONCRETE Teater, die Tuis | Home Teater, INTERIOR spaces, d’VINE life, truly ARTISAN, OUTside, Tafelberg AV & Toestel Emporium, die Eco Interior KOMBUIS sowel as die Ontwerp, Kuns en Tekstielontwerp Kompetisie in.

Kaartjies is by die deur of by Quicket beskikbaar. Volwassenes betaal R90, pensioentrekkers R70 en kinders onder 16 kan dit gratis bywoon.

Skoutye: Do. – Sa. 10:00 – 19:00; So. 10:00 – 18:00

Vir verdere inligting, kontak World of Decorative Concrete by (021) 982 0006 of For the Love of Concrete

Instagram: @concretewithsoul / @loveofconcrete

Facebook: WODC – Stucco Italiano of For the Love of Concrete